Archive for September, 2018

Vars op die rak!

Posted on: September 12th, 2018 by elizabethadmin No Comments

Die nuwe titel in die “Elf dae” reeks, “Elf dae op ‘n eiland”, is op die rakke!

Kom vier dit saam met ons by Canal Walk se Exclusive Books, Saterdag 22 September, 10:30 vir 11:00.

Verversings en ‘n onderhoud tussen die skrywer en Suzette Kotze-Myburgh is op die spyskaart.

RSVP: events@exclusivebooks.co.za

*****

Elizabeth was a guest on Jedlie’s popular podcast: “Reading with your kids”.

Click on the heading to open this message and then on the link below to listen to the podcast:

Elizabeth Wasserman, South African author

Elf dae op ‘n eiland

Posted on: September 12th, 2018 by elizabethadmin No Comments

Wanneer Danika na ‘n eiland in die middel van die Indiese Oseaan gestuur word om weg te kom van ‘n familie skandaal, loop sy haarself in ‘n avontuur vas wat haar wildste verwagtinge oortref.

Dit is nie sommer net nog ‘n tropiese eiland nie: op Cousin werk ‘n span wetenskaplikes om bedreigde voëlspesies te bewaar, en daar is geen teken van luukse hotelle en swembaddens nie. En sommer met die intrapslag raak sy bewus van ‘n komplot: ‘n skatryk sjeik beplan om die eiland te bekom, en hy het geen belang in voëls of skaars karetskilpaaie nie. Boonop is daar Alex, een van die bewaarders se seun, om haar lewe verder deurmekaar te krap. En dit terwyl sy ‘n pa moet leer ken wat die afgelope sestien jaar glad nie deel was van haar lewe nie . . .