Archive for September, 2019

Elf dae in Oxford

Posted on: September 2nd, 2019 by elizabethadmin No Comments

Vreemder en vreemder!

Alycia gaan kuier by haar suster Inez in Oxford, maar niks wil reg uitwerk nie. Dit lyk of Inez spoorloos verdwyn het, en wie is die boyfriend wat sy vir haar familie wegsteek? Dan is daar ‘n dodelike aanval op die enigste vriendelike ou wat sy in dié vreemde ou stad raakloop, en om haar suster te help raak ‘n wedloop teen tyd. Met behulp van ‘n kaart-app met ‘n Alice in Wonderland-tema en ‘n verbeterde werklikheid-bril moet sy ‘n raaisel ontknoop wat haar, nes Alice, in ’n konyngat na ’n andersoortige Wonderland laat tuimel.

 

Vars avontuur! En ‘n lekker prys te wen.

Posted on: September 2nd, 2019 by elizabethadmin No Comments

Die volgende boek in die “Elf dae” reeks is nou op die rak.
“Elf dae in Oxford” – ‘n lekker reis-avontuur vir sestienjariges van alle ouderdomme. Onthou ook: as jy nou jou eksemplaar by die Tugervallei, Brooklyn of Loch Logan take van Exclusive books koop, kan jy ‘n lekker “high tea” by een van die beste kuierplekke wen (Soos byvoorbeeld die Mount Nelson Hotel, in Kaapstad).