Archive for August, 2020

Speurhond Willem in Australië

Posted on: August 18th, 2020 by elizabethadmin No Comments

Waar is Willem?

Willem het pad gevat en Adriaan by die huis gelos. Wat het Willem gaan doen wat so dringend en belangrik kan wees?

Adriaan doen ‘n bietjie speurwerk en kom op die spoor van Sherlock, Willem se oudste seun wat ook opgelei is om ‘n Internasionale Polisie-hond te wees. Sherlock is op ‘n sending in Australië, en dit lyk of dinge daar bietjie handuit ruk. Is Sherlock besig om die boendoe-bende aan te keer, of het hy saam met hulle begin werk?

Dis sekerlik genoeg om Willem te ontstel. En dan kom daar ‘n uitnodiging aan na ‘n seremonie in Sydney. Willem gaan ‘n belangrike medalje ontvang in Sydney.

Adriaan besluit om hom te gaan soek.

Elf dae in New York

Posted on: August 18th, 2020 by elizabethadmin No Comments

Frances se nuwe stiefma Helene is ’n mode­ontwerper; haar kaste vol hoëhakskoene en perfekte grimering in skerp teenstelling met Frances se vae herinneringe aan haar eie ma: kaalvoetpieknieks in die buitelug, speletjies en kuiers op haar oom se plaas. Boonop het Helene ’n dogter, vier jaar ouer as Frances, en dié Amie is ’n opgradering van haar ma se mode­sagteware. Frances en Helene gaan kuier in New York vir Amie, vir bietjie “bonding”. Op die koop toe wil Helene haar nuwe reeks eko­vriendelike handsakke by ‘n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld  mos joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die argitektuur en die park in die middel van die stad; sy lief die worsrolletjies wat mens sommer so op straat koop en die New Yorkers se skurwe selfvoldaanheid. Maar sommer gou begin die moeilikheid. Sy luister per toeval ’n ontstellende gesprek af, sy kry ‘n model-hond om op te pas, en boonop word die twaalf balrokke wat Amie vir haar nuwe baas moet oppas, ontvoer. Sy moet ‘n plan maak om haar nuwe familie te red.

Video-voorskou: Elf dae in New York

Posted on: August 4th, 2020 by elizabethadmin No Comments

Kliek hier vir ‘n voorsmakie van die nuwe boek in die Elf dae reeks:

Speurhond Willem reis al weer!

Posted on: August 4th, 2020 by elizabethadmin No Comments

Waar was Willem? Lees alles oor Willem se nuutste avontuur: Speurhond Willem in Australië, binnekort op die rak.