Anna Atoom en die digitale draak

anna-draak

Anna Atoom en die digitale draak


Beskikbaar by


Wenner van die Alba Bouwer prys vir Kinderliteratuur (2013)

In dié derde en laaste boek in die reeks is daar twee identiese drake, gemaak uit die nuwe element Drakium. Die twee drake is kwantum verstrik en sal ongekende onstabiliteit veroorsaak indien hulle min of meer gelyktydig in die magna van die aarde (die vloeibare lawalaag van die aardkors) beland. Maar wie sit hieragter?

Niemand anders as Uranus Draak nie!

Hierdie reeks is ’n klomp dinge ineengerol: avontuurverhaal, wetenskap, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk “groen” boodskap. Anna Atoom se ouers is wêreldberoemde wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red.

Die skrywer hanteer al hierdie uiteenlopende storiedrade moeiteloos en met ’n heerlike sin vir humor.