Blog

‘n Storie is ‘n wonderlike ding

February 3rd, 2015


“Drink hierdie pille drie maal per dag,” sê die dokter. “Maar mevrou Grans het dieselfde pille gehad en sy is dood op vier-en-dertig!” sê die buurvrou. Jy vra die apteker vir raad. “Hierdie pille help om die lipofostinamied in die bloed te verlaag. Dit stimuleer dan die pankreas om superdisoksied radikale na ...

Niksdoen is ‘n kuns wat mens nie moet onderskat nie

January 11th, 2015


Almal het een of ander talent. Sing, dans, moeilikheid maak . . . Sommige geseëndes onder ons is gebore niksdoenners. Andere moet met doelmatigheid hierdie fyn kuns bemeester. Die eerste vereiste is dat jy min of meer met jouself oor die weg moet kom. Niksdoen is nie iets wat jy in ongure ...

Katte/hekse

December 18th, 2014


Vir die van julle wat belang stel: ek het sowaar nog nie 'n enkele kat in Oxford gesien nie. Dit is dalk 'n sameswering, 'n komplot. Onheil is waarskynlik elders aan die broei en dit vereis al die kat-aandag om daar te wees. Sommige katte mag dalk hier agtergebly het (om my in ...

Klipduiweltjies

December 18th, 2014


Starbucks: hierdie mense verdien sowaar hul geld op 'n waardige manier. Terwyl studente wakker word in hulle colleges, akademiese drag netjies opgevou in hulle kas saam met meimeringe oor die Sokratiese Metode en die beginsel van onsekerheid, terwyl die geregistreerde bedelaar in Queenstraat sy hond 'n skop gee om wakker te ...

Tussen die Cherwell en die Thames

December 18th, 2014


Daar is 'n kruis in die middel van die straat waar iemand (meervoud: mense) verbrand is. Martelare. Ek moet 'n foto gaan neem. Maar selfs op hierdie strate kan jy nie wegkom van jou eie verwysingsraamwerk nie. Die teenwoordigheid van my reisgenote blok my gewone vermoe om met my verbeelding deur ...

Voordag

December 18th, 2014


k wonder wat die kat oorkant die straat daarvan dink as ons so wegraak op een van ons reise. Sy is nie baie slim nie (met alle respek aan haar, want sy is 'n dame). Sy reken waarskynlik ons hou op bestaan, iets soortegelyk aan die dood, en dan pop ons ...

Op reis met wyfies

December 18th, 2014


"Wat wil jy in Oxford gaan maak, Willem?" Dit is wat almal wil weet. Wel, ek was nog nooit voorheen daar nie. Sowaar. En dan is daar die ding met hekse. Noem dit navorsing. Dit het waarskynlik begin met die heks in Engeland, wat wrintiewaar so wragtigies amper vir Adriaan opgeeet het. Dit sou 'n ...

Oor Chihuahuas en nuwejaar

December 18th, 2014


Koebaai ou jaar! Jy is omtrent gedaan. Ek en die kat gaan jou ordentlik die pad wys - vanaand op die dak! Kyk, dit is een van my baie rituele wat ek nie mis nie. Vandat ek hier in die suburbs ingetrek het, vier ek en my aardsvyand (die bure se ...

Sewe hemelse talente

December 18th, 2014


Party mense is slim, ander is mooi. Dit alles help natuurlik baie om suksesvol te wees, maar dan is sukses, net soos geluk, ‘n glibberige ding. Dit kom daarop neer dat mens eers presies moet weet wat jy as suksesvol en gelukkig beskou, want anders word jy dit dalk sonder dat ...