Die M.E.R. prys vir geïllustreerde kinderboeke is aan Elizabeth Wasserman (skrywer) en Astrid Castle (illustreerder) toegeken vir Dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien.
In professor Arnoldus Snol se woonstel bo die museum staan ’n kas wat ’n KOLOSSALE geheim bewaar . . . Professor snol weet alles van die dinosourusse van Gondwanaland af, daarom neem Oupa vir Jannus en Kriek om hom te ontmoet en inligting te kry vir ’n skooltaak. Maar wat ...
Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. ...
Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . . Dié keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die ...
Die derde avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan.In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . . Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is ...