Professor Sabatina Atoom se wetenskap boek is hier!

Professor Sabatina Atoom se wetenskap boek is hier!

March 27th, 2015


50168135_0_Img2

Ons het Professor Sabatina Atoom leer ken in die Anna Atoom reeks – sy is Anna en Pip se ma en ‘n baie slim en besige wetenskaplike.

In “Professor Sabatina Atoom se groot wetenskapboek”, met pragtige volkleur illustrasies deur Astrid Castle en Rob Foote, wys die professor hoe interessante wetenskaplike begrippe oorgedra kan word deur sowat 30 eksperimente wat jy met bestandele uit die kombuis kan doen. So leer kinders speel-speel meer oor:

Swaartekrag
Temperatuur
Water
Magnete en elektrisitiet
Lig en energie
Chemiese reaksies
Soos die professor altyd sê: “Die wetenskap is meer wonderlik as towerkuns!”