Speurhond Willem en die Seerowers

Speurhond Willem en die seerowers

Speurhond Willem en die Seerowers


Beskikbaar by


In die tweede boek van die reeks, wen Adriaan se ma ’n reis op ’n passasierskip teen die Ooskus van Afrika op. Willem gaan saam – versteek in Adriaan se rugsak. Toe seerowers die skip en al die passasiers naby Madagaskar gyselaar neem is dit Willem wat tot die redding kom.

Hy’t toe nie uitgetree as Internasionale Speurhond, soos hy ons aan die einde van die eerste avontuur Speurhond Willem op reis wou laat glo nie! Die hele reis is deur die Internasionale Speurdiens beplan sodat Willem weer ‘n internasionale bende skurke, wat hulle oog op ‘n versteekte skat op die piepklein eilandjie Trommelin het, aan die pen kon laat ry.