Speurhond Willem in New York

shw-ny

Speurhond Willem in New York


Beskikbaar by


Speurhond Willem en sy huismens Adriaan het in 2010 die eerste keer saam gaan reis: via Istanboel tot in Amsterdam, Parys en uiteindelik Londen. Daarna volg avonture op ‘n passasierskip in die Indiese Oseaan, op ‘n wildplaas in die Bosveld en via Kazakstan al die pad na die Internasionale Ruimtestasie.

In die vyfde boek in dié gewilde reeks moet Adriaan en Willem nogmaals die mensdom van ‘n nare boef se gruwelike planne red. Maar soos dit dié gedugte span betaam, vind die aksie in een van die opwindendste wêreldstede van ons tyd plaas: New York.