Tussen die Cherwell en die Thames

Tussen die Cherwell en die Thames

December 18th, 2014


Daar is ‘n kruis in die middel van die straat waar iemand (meervoud: mense) verbrand is. Martelare. Ek moet ‘n foto gaan neem.
Maar selfs op hierdie strate kan jy nie wegkom van jou eie verwysingsraamwerk nie. Die teenwoordigheid van my reisgenote blok my gewone vermoe om met my verbeelding deur die muur van tyd te breek en ek kan my min van die gebeure voorstel.
Ek weet die plek is belangrik.
Ek weet Christ College het 18 Britse eersteministers opgelewer en Einstein was daar.
Ek weet hierdie is die plek van briljansie, geskiedenis en bowe al ego’s.
Maar dit is klein. Net ‘n soort diep dorp: lae en lae van menslike wil en ambisie, opgebou oor eeue tot die miershoop-geboue van geel steen wat vandag so statig baklei vir aandag.
Ons het bier gedrink in die Eagle and Child, en stories gehoor van mense wat sowaar Tolkien se hand geskud het. (Bloemfontien? I was born there!)
Ons het in ‘n Thai-restaurant gaan eet wat weggesteek is in ‘n stegie wat jou van weerskante kan ondersteun as die Chan jou dalk oorweldig op pad terug.
Die strate is vol vreemdes van taal, nie te haastig op pad na hulle onbekende woelinge. Straat-dinge: doen sommer net inkopies of ontmoet vriende vir koffie.

Oxford vandag is veilig, amper gewoon.
Die stad laat die mense toe om gewone lewens te lei, hier waar …
Hier waar ek ‘n voeltjie oor die kobbelstraat sien hop, net duskant die Magdalene brug. En skielik is die voeltjie net ‘n herfsblaar wat teen die randsteen waai …